Ballito-uitreik

Hoop op die strate van Ballito

Tydens Ballito Rage gaan twee lede van ons StaanOP-span saans op die strandfront en omliggende strate wees. Ons gaan luister, saam met jongmense bid en, waar die geleentheid hom voordoen, die hoop van Yeshua met hulle deel.

Soms begin dit net by iemand wat stilhou en vra: “Hoe gaan dit regtig met jou?” Dis hoekom ons gaan. Ons wil daar wees vir die jongmens wat iemand nodig het om mee te praat of wat vra dat ons saam met hulle bid.

Help ons om daar te wees. Met jou bydrae help jy StaanOP om hierdie uitreik moontlik te maak. Bid ook saam met ons vir die jongmense wat ons gaan ontmoet en vir wysheid vir die span.

Gee ’n eenmalige bydrae


Tik jou bedrag in hele rande in. Jy betaal eenmalig met PayFast.

Dankie dat jy saam met ons vir die matrikulante en die uitreikspan bid.

Kontak Ons